Sakeman Hangala breek ook ‘n lansie vir kernkragsentraleMay 13, 2025

NamPower ondersteun ‘n kernkragsentrale vir Namibië, volgens besturende direkteur Simson Haulofu. NamPower het blykbaar reeds kerntegnologieë geïdentifiseer wat volgens Haulofu goed in die land se netwerkinfrastruktuur integreer kan word. Dit is ten spyte van kundiges wat meen die koste is nie die moeite werd nie. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met dr. Leake Hangala, die bekende sakeman en voormalige uitvoerende hoof van NamPower.