Afrikaners na VSA ‘aanklag teen ANC-geleide regering’May 13, 2025

AfriForum het die vertrek van 49 Afrikaners na die VSA onder vlugtelingstatus as ’n ernstige aanklag teen Suid-Afrika se ANC-geleide regering bestempel. Die regering verwerp egter die bewerings en voer aan dat Afrikaners steeds onder die land se mees ekonomies bevoordeelde groepe tel. Uitvoerende hoof van AfriForum, Kallie Kriel, skryf hierdie uittog toe aan die regering se versuim om standpunt in te neem teen beleide soos die Onteieningswet, wat grondonteiening sonder vergoeding moontlik maak: