VSA, China sny tariewe met 115 persentasiepunteMay 12, 2025

Die Verenigde State en China het ooreengekom om hul omstrede tariewe tydelik te sny, met die VSA se koers wat tot 30-persent verlaag word en Chinese tariewe, tot 10-persent. Die Amerikaanse minister van Finansies, Scott Bessent en die Handelsverteenwoordiger, Jamieson Greer, het ná handelsgesprekke in Genève hierdie naweek, aan verslaggewers gesê die partye het ooreengekom om “wedersydse tariewe” vir ‘n tydperk van 90-dae met 115-persentasiepunte te sny.