Vrylating van Edan Alexander beteken nie skietstilstand nieMay 12, 2025
Israel sê hy het nie ingestem tot enige wapenstilstand of vrylating van gevangenes met Hamas nie, net voor die verwagte vrylating van die Israelies-Amerikaanse gyselaar Edan Alexander. Die vrylating, na gesprekke tussen Hamas, die Verenigde State, Egipte en Katar, kan die weg baan vir die vrylating van die res van die 59 gyselaars wat steeds in Gaza aangehou word. Maar premier Benajmin Netanyahu sê Israel het slegs ingestem om veilige deurgang vir Alexander toe te laat en sy magte sal voortgaan met onlangs aangekondigde voorbereidings om operasies daar te verskerp.