Teatergemeenskap geruk deur Freddie Philander se doodMay 12, 2025

Die Namibiese kunsgemeenskap is in rou gedompel ná die dood van Freddie Philander, ‘n veteraan-akteur, -dramaturg en kulturele aktivis. Philander is Saterdagaand in die ouderdom van 76 jaar aan hartversaking oorlede. Hy was ‘n deurslaggewende stem in versetteater, en het ook ‘n groot bydrae tot die ontwikkeling van jeugteater in Namibië gemaak. Philander was onder meer die stigter van die Committed Artists of Namibia.