Oud-finansiële bestuurder gaan pleit op N$2,8 miljoen-bedrogklagteMay 12, 2025

Maria Johanna Coetzee, wat na bewering in 2018 bedrog van net minder as 2,8 miljoen Namibiese dollar by die Windhoek Internasionale Skool gepleeg het, sal môre in die Hoërhof gevra word om te pleit. Coetzee was die skool se finansiële bestuurder. Sy staan tereg op 18 klagte van bedrog, alternatief diefstal, en ‘n klag van geldwassery. Sy het by ‘n voorverhoor aangedui dat sy skuldig wil pleit op 13 van die bedrogkklagte. Die hofverrigtinge wat vir vandag geskeduleer was, is uitgestel op versoek van beide die Staat en die verdediging. Coetzee het in 2020 na Suid-Afrika gevlug en is daar gearresteer en op 29 Augustus aan Namibië uitgelewer.