Maak die kanaal finaal reg – ShaningwaMay 12, 2025

Tydens ‘n Nasionale Vergadering-sitting het die sekretaris-generaal van Swapo, Sophia Shaningwa, reageer op die landbouminister se verslag oor water en mariene hulpbronne. Sy sê die ministerie mors jaarliks geld op slote grawe sonder dat water van die Calueque-Oskahati-knaal ooit Omuthiya bereik. Sy het ook duidelik gemaak dat sy nie belangstel om nog te hoor van lewensvatbaarheidstudies en dat konkrete werk gedoen moet word.