Goudprys effe af, maar sal weer styg, sê kennerMay 12, 2025
Goudpryse het met 3 persent gedaal tot die laagste vlak in meer as ’n week nadat die VSA en China ooreengekom het om wederkerige tariewe te verlaag. Dit het die Amerikaanse dollar versterk en goud se aantrekkingskrag as ‘n veilige belegging verminder. Spothandel in goud het tot 3 224, 34 dollar per ons gedaal, terwyl Amerikaanse goudtermynkontrakte met 3,5 persent gedaal het na 3 228, 10 dollar. Kosmos 94.1 Nuus het met die ekonoom Chris Hart gesels oor sy mening.