Dis tyd vir top-10 van Mej. Tiener Namibië en Mej. Namibië!May 12, 2025

Die Miss Namibia-organisasie gaan die top-10 deelnemers in onderskeidelik die Mej. Tiener Namibië en Mej. Namibië kompetisies by twee glansgeleenthede aankondig. Die geleenthede sal volgende naweek by Droombos plaasvind en regstreeks deur die NBC uitgesaai word. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Beaulah Boois-Beukes, die NBC se korporatiewe kommunikasiebestuurder, wat meer inligting gee.