Stormers speel klaar met DragonsMay 11, 2025
Die Stormers is danksy Saterdag se oortuigende oorwinning van 48-12 oor die Dragons op ‘n nat Kaapstad-stadion, nog nader aan die uitspeelrondes van die Verenigde Rugby Kampioenskap. Die Kapenaars het in hul voorlaaste ligawedstryd sewe drieë geduik teenoor die Dragons se twee en met ‘n bonuspunt die vyfde plek op die punteleer verseker. Hulle laaste ligawedstryd is volgende Vrydag op hul tuisveld teen Cardiff. Die Stormers se drieë is gedruk deur Wandisile Simelane met twee, Seabelo Senatla, Stefan Ungerer, Damian Willemse, Suleiman Hartzenberg en Paul de Wet. Sacha Feinberg-Mngomezulu en Damian Willemse het die res met die skoen aangeteken.