Wagte sluit Nust se hekkeMay 9, 2025
Vanoggend het werkers van PIS, die sekuriteitsmaatskappy wat die tender het vir dienste by Nust, die hekke van die universiteit gesluit, blykbaar in protes teen die maatskappy se versuim om aan die minimumloonbevel te voldoen. Aktivis Michael Amushelelo was weer aan die voorpunt saam met die werkers en eis regverdige behandeling. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Nust sê op sy beurt die vertraging is as gevolg van nakomingsprosesse wat deur die sentrale verkrygingsraad vereis word.