Vissermanne sit voet neer oor voortslepende kwessiesMay 9, 2025
Sowat 3 000 vissermanne en -vroue in Walvisbaai doen ‘n beroep op die Presidensie om dringende kwessies in die visbedryf aan te spreek. Hulle dreig om na Windhoek te stap om hul bekommernisse aan president Netumbo Nandi-Ndaitwah te oorhandig indien hulle nie reaksie kry nie. Die sekretaris van die Myn-, Metaal-, Maritieme en Konstruksiewerkersvakbond, Joseph Garoëb, sê werkers moet meer voordeel uit die see trek en ordentlik betaal word. Kosmos 94.1 nuus het met Garoëb gesels, wat uitbrei.