Shukri Conrad nou Proteas-hoofafrigter in al drie formateMay 9, 2025
Krieket: Shukri Conrad is aangestel as hoofafrigter van die Protea-manspan in al drie formate. Hy het sedert Januarie 2023 die toetsgroep gelei en sal nou ook toesig hou oor die witbalformate. Dit begin met die driehoekige T20-toernooi teen Zimbabwe en Nieu-Seeland in Julie. Conrad se termyn strek tot met 2027 se eendag-Wêreldbekertoernooi wat in Suid-Afrika, Namibië en Zimbabwe aangebied sal word. Krieket Suid-Afrika sê die stap is deel van ‘n herstrukturerings-proses.