DRK se afgetrede generaal hoor na verwagting vandag oor sy miljoeneMay 9, 2025
Uitspraak word vandag verwag in die saak van die DRK se afgetrede generaal, François Olenga teen die Bank van Namibië oor meer as 40 miljoen Namibiese dollar in ‘n plaaslike bankrekening, nadat die sentrale bank besluit het om die fondse in die rekening aan die staat te verbeur. Die bank sê die Finansiële Intelligensiesentrum het die oorsprong van die geld bevraagteken en Olenga kon nie voldoende verduidelik waar dit vandaan kom nie. Die bank sê Olenga het betalings van altesaam 70,5 miljoen dollar in verskeie rekenings in sy naam van Julie 2010 tot Februarie 2015 ontvang. Die betalings het van Hongarye, China en die Wes-Indiese Eilande gekom, via ‘n maatskappy wat in die Verenigde State van Amerika geregistreer is. Olenga soek sy geld. Regter Hannelie Prinsloo hanteer die saak.