N$445m vir 3 000 huiseMay 8, 2025
Die regering het 445 miljoen Namibiese dollar toegeken vir die konstruksie van 3 000 wooneenhede regoor die land as deel van sy voortgesette pogings om die nasionale behuisingstekort aan te spreek. Die lynminister James Sankwasa, sê die wooneenhede sal gelewer word deur ‘n kombinasie van inisiatiewe en regeringsbefondsde programme soos die Massabehuisingsontwikkelingsprogram en die Build Together-program, sowel as toelae aan die Shack Dwellers Federation. Daarbenewens, is 50 miljoen dollar toegeken vir die herkapitalisering van die Nasionale Behuisingsonderneming en befondsing is opsy gesit vir die konstruksie van 250 basiese gedeelde ablusiegeriewe in informele nedersettingsgebiede.