Duisende miere het 4 mans in diep moeilikheidMay 8, 2025

’n Keniaanse hof het vier mans tot een jaar tronkstraf of ’n boete van 140 000 Namibiese dollar gevonnis, nadat hulle probeer het om duisende lewendige koninginmiere uit die land te smokkel. Die twee Belge, ’n Viëtnamese burger en ’n Keniaan is verlede maand in hegtenis geneem met lewende miere wat vermoedelik bestem was vir versamelaars in Europa en Asië. Die smokkelgoedere het reuse-Afrika oesmiere ingesluit, wat volgens sommige Britse handelaars tot 4 000 dollar elk werd is. Miere in Kenia word beskerm deur internasionale biodiversiteitsverdrae en die handel daarmee word streng gereguleer.