Arbeid vorder N$2m in van nie-nakomende werkgewersMay 8, 2025

Die arbeidsministerie het net meer as 2 miljoen Namibiese dollar namens verskeie werknemers ingevorder. In ‘n verklaring sê Maria Hedimbi, skakelbeampte by die ministerie dit was in die vorige boekjaar en was van 3 317 voltooide ondersoeke na klagtes deur werkers. ‘n Totaal van 4 176 klagtes is gedurende die jaar ontvang. Die sentrale gebied het die grootste bedrae uitgemaak met ‘n totaal van net meer as 722 000 dollar terwyl die suidelike dele die  laagste inkomste verteenwoordig, amper 131 000 dollar.