Amper 8 000 kubieke meter per sekonde in Oranje-stelsel vrygelaatApril 29, 2025
Die vlakke van die Oranjerivier sal verder styg met die buurland se owerhede wat 7 991 kubieke meter per sekonde in die stelsel vrylaat met sluise wat oop is in die Vaal-, Bloemhof, Gariep en Vanderkloofdamme. Die Hidrologiese Diens sê tans is die vlak van die Oranje by Blouputs op 2,64 meter en op 2,53 by Sendelingsdrif. In die noorde het Ruacana afgeneem en die Kunene vloei tans teen 584,8 kubieke meter per sekonde. Die Okavango by Rundu is steeds hoof op 7,43 meter terwyl die Zambezi by Katima afgeneem het na 5,39 meter terwyl hy by die Chobe Water Villas op 7,46 meter vloei.