Okahandja vergader om expo uit te stelApril 28, 2025

Die uitvoerende hoof van die Okahandja-dorspraad, Alphons Tjitombo, sê daar sal om twee-uur vanmiddag ‘n vergadering by die dorpsraad met alle belanghebbendes gehou word oor die moontlike uitstel van die dorp se toerisme en handels-expo. In ‘n uitnodigingsbrief vra hy dat almal wat betrokke is dit moet bywoon sodat die geleentheid suksesvol uitgestel en beplan kan word. Dit kom na die dorp geruk is deur die moord van twee jong skoolmeisies, Ingrid Maasdorp, 5, en Roslin Fabian, 6. En die moord van nog ‘n meisie, 15, wie se liggaam Saterdag gevind is.