Liverpool vat Premierliga April 28, 2025
Liverpool het Tottenham Sondag met 5-1 verslaan om die Premierliga-titel op Anfield te beklink. Hulle het daarmee die rekord geëwenaar van ‘n 20ste Engelse kroon in top kompetisies. Arne Slot se span is nou saam met Manchester United die suksesvolste klubs in die geskiedenis van Engelse sokker. Dit is net hul tweede titel in die Premierliga en die eerste wat hulle sedert 1990 voor hul tuisskare wen. Die sege plaas Liverpool op 82 punte -en met slegs vier wedstryde oor reeds 15 voor as hul naaste uitdagers, Arsenal.