Sokker: Liverpool jaag premierliga-kroonApril 27, 2025
Liverpool-bestuurder Arne Slot sê sy span weet watter groot verantwoordelikheid hulle het om die klub se 20ste top-titel te behaal. Met vier wedstryde wat oorbly, moet die Reds vandag op Anfield net een punt teen Tottenham Hotspur kry om as die Premierliga-kampioene van die 2024/2025-seisoen gekroon te word. Liverpool het dié prestasie laas in die 2019-2020-seisoen onder die voormalige bestuurder, Jurgen Klopp, behaal.