IDF erken aanval op VN-gebou April 25, 2025

Die Israelse weermag het nou erken dat hy verlede maand verantwoordelik was vir die dood van ʼn werker van die Verenigde Nasies in ʼn aanval op ʼn VN-gastehuis in Gaza. Die Bulgaarse VN-werker Marin Valev Marinov is in die aanval dood en ses ander beseer. Die Israelse weermag sê volgens sy voorlopige ondersoek na die voorval is die VN-werker dood omdat sy soldate onder die indruk was die vyand skuil in die gebou. Hy het sy berou oor die ernstige voorval uitgespreek.