Gratis tersiêre onderwys… kan stelsel dit hanteer? April 25, 2025

Tydens haar Staatsrede het president Netumbo Nandi-Ndaitwah aangekondig dat die regering vanaf 2026 tersiêre onderwys ten volle sal subsidieer. Dit beteken dat studente by openbare universiteite en tegniese- of beroepsonderwyssentrums nie meer registrasiefooie of klasgeld sal betaal nie. Tydens die vraag- en antwoordsessie het AR-leier Job Amupanda gevra waar die geld vandaan sal kom. Die president het so geantwoord. 

Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Lifalaza Simataa, die LPM se woordvoerder, wat twyfel of die wankelrige stelsel dit sal kan hanteer.