Powell is gewoond aan politieke druk – Lagarde April 23, 2025

Die president van die Europese Sentrale Bank, Christine Lagarde, sê sy hoop nie president Donald Trump van Amerika gaan die voorsitter van die Federale Reserwe, Jerome Powell, afdank nie. Trump het Powell in sy eerste termyn aangestel. Hy plaas druk op Powell om rentekoerse te verlaag en waarsku die Amerikaanse ekonomie kan andersins verlangsaam. Lagarde het aan CNBC gesê sy en Powell is gewoond aan politieke druk: 

Trump het intussen met verslaggewers gepraat en bevestig hy het nie planne om Powell af te dank nie. Markte het onmiddellik begin herstel.