Namibië Onder-20 rugbyspan klop Kenia 32-22April 23, 2025

Namibië se Onder-20 rugbyspan het Kenia met 32-22 verslaan by die Rugby Afrika Barthes-bekertoernooi in Harare, Zimbabwe. Die eerste helfte is gekenmerk deur slordige spel en die halftyd telling was 3-0 vir Namibië. Kenia, die verdedigende kampioene, het teruggeveg in die tweede helfte met vier drieë. Die jong Biltongboere het egter ook vier drieë gedruk en meer akkuraat pale toe geskop. Namibië behou hul onoorwonne status en speel weer Sondag, teen Tunisië.