Dis Wêreld-boekedag… lees vir ‘n slagApril 23, 2025

Dis vandag Wêreld-boekedag waarop boeke, skrywers, illustreerders en bowenal, lesers, wêreldwyd gevier word. Vanjaar se tema is: Read Your Way: Diverse Books for Every Mind. Unesco sê die tema beklemtoon hoe belangrik insluiting en verskeidenheid in lees is. Hy moedig lesers aan om verskillende stemme, standpunte en kulture deur letterkunde te ondersoek en deernis en globale begrip te bevorder. Unesco sê lees is meer as ʼn tydverdryf. Dit het die mag om menings te vorm, empatie te bevorder en welstand te verbeter.