Vermeende ‘diamant’ smokkelaar verskyn vandag April 22, 2025
‘n 64-jarige Namibiese man is by die Ariamsvlei grenspos in hegtenis geneem vir besit van vermoedelik ongeslypte diamante. Volgens die polisie se naweek-misdaadverslag het die man 26 klippies en ‘n diamanttoetser in sy reissak gehad. Hy was ‘n passasier op ‘n vragmotor en het volgens sy paspoort op 11 April na Suid-Afrika gereis deur die Noordoewer-grenspos. Die beweerde diamante se egtheid en waarde is nog nie bepaal nie. Die verdagte sal vandag in die Karasburg landdroshof verskyn.