Laer olieprys, swakker dollar beteken dalk ‘n laer brandstofprysApril 22, 2025
Die meeste internasionale markwaarnemers glo dat die tariefgedrewe herstrukturering van wêreldhandel die vraag na ruolie negatief sal beïnvloed. Brent verhandel tans rondom 67 Amerikaanse dollar per vat. Kosmos 94.1 Nuus het met die Suid-Afrikaanse ekonoom Dawie Klopper gepraat, wat sy mening lug oor hoe laer globale ruoliepryse brandstofpryse in Suid-Afrika en Namibië op kort termyn sal beïnvloed.