Harvard sleep Trump-administrasie hof toeApril 22, 2025

Harvard Universiteit het ʼn hofsaak teen president Donald Trump se administrasie aanhangig gemaak. Dit volg nadat die administrasie onlangs fondse van sowat 41,4 miljard Namibiese dollar in veeljarige toelaes aan die instelling bevries het omdat dit die regering se eise dat alle diversiteit-, gelykheid- en inklusiwiteits-programme gestaak word, ignoreer. Harvard se president, Alan Garber, sê die saak gaan oor die regering se pogings om federale fondse terug te hou om beheer oor akademiese besluitneming te kry. Hy sê Harvard sal nie sy onafhanklikheid of grondwetlike regte prysgee nie.