Oshana staan bont met malariaApril 20, 2025
Altesaam 335 gevalle van malaria is sedert November verlede jaar in die Oshana-streek bevestig, asook agt malaria-verwante sterftes. Volgens die waarnemende gesondheidsdirekteur van die streek, Asser Shipanga, is 119 mense in dié tydperk in hospitale opgeneem. Die meeste gevalle was verwysings vanuit ander streke. Baie van die gevalle kom uit informele nedersettings, sê Shipanga.