Al Jama-ah soek skerper optrede teen plaasuitsettingsApril 20, 2025

Al Jama-ah sê hy herdenk hierdie maand sy 18de bestaansjaar met verskerpte pogings om plaasbewoners teen uitsettings te verdedig. Die leier, Ganief Hendricks, met behulp van die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie, beywer hom vir ‘n nasionale moratorium op hierdie uitsettings. Hendricks sê al het die minister van Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling, Mzwanele Nyhontso, in Januarie ‘n moratorium verklaar, gaan howe en boere voort met uitsettings. Hy voeg by dit is onaanvaarbaar dat die boeregemeenskap steeds die slagoffers van gedwonge uitsettings is.