Dis robot teen mens in Beijing-wedloopApril 19, 2025

Altesaam 21 robotte het vandag saam met duisende drawers ‘n padwedloop van 21 km in Beijing, China, aangepak. Van die robotte wat deelgeneem het, was so kort as 1,14 meter, terwyl ander so lank as 1,75 meter was. Hulle moes soos mense lyk en kon loop of hardloop, maar wiele was nie toegelaat nie. Die wenrobot was Tiangong Ultra, wat met ’n tyd van twee uur en 40 minute die wenstreep oorgesteek het, terwyl die manswenner die wedloop in ’n tyd van een uur en twee minute voltooi het.