VSA-weermag vernietig brandstofterminaal in Jemen, 38 doodApril 18, 2025
Die Amerikaanse weermag sê dit het ‘n brandstofterminaal in Jemen vernietig in ‘n aanval teen Houthi-rebelle. Dit sê die doel van die aanval op die Rooi See-hawe van Ras Isa was om voorrade en fondse vir die Iran-gesteunde beweging te beperk. Volgens die Houthi’s is minstens 38 mense in die aanval dood, insluitend ‘n aantal paramedici. Die VSA het ‘n maand gelede sy aanvalle op die rebelle opgeskerp, in antwoord op Houthi-aanvalle op skepe in die Rooi See.