Namibiërs het blykbaar hul sjokolade-tande getrekApril 18, 2025
As jy nog nie ‘n sjokolade-Paashaas of Paaseier gekry het nie, moet jy weet jy is nie alleen nie. Volgens die Namibië Statistiek-agentskap het die land in 2024 minder sjokolade-produkte ingevoer as die vorige jaar. Die agentskap se data wys dat sjokolade-invoere geval het van 7,89 miljoen Namibiese dollar in April 2023 na 5,08 miljoen dollar in April verlede jaar. Dit is ‘n afname van meer as 2,8 miljoen dollar, en dit blyk dat die tendens vanjaar voortduur.