Junior Afrikabeker hokkietoernooi skop in hoofstad afApril 18, 2025

Alle oë is op die Junior Afrikabeker hokkietoernooi wat vanmiddag in Windhoek afskop. Op die spel is die laaste drie kwalifiserende plekke in elke kategorie vir die 2025 Junior Hokkie Wêreldbekers, wat in Indië vir die mans, en Chile vir die vroue sal plaasvind. Alle wedstryde word by Windhoek Hoërskool se Trustco Davin Astro gespeel, vanaf vandag tot volgende Vrydag. Die Namibië vrouespan speel om 3-uur teen Kenia, en môre om 5-uur teen Zimbabwe. Die manspan takel Egipte vanmiddag om 5-uur en kom môre om 3-uur teen Suid-Afrika te staan.