Malaria: Meer as 1 500 in die hospitaal in 4 O-streke April 17, 2025

Malaria-gevalle in die noordelike streke van die land wek groot kommer. Volgens berigte is 1 562 pasiënte in die vier O-streke reeds in die hospitaal opgeneem met 27 sterftes wat bevestig is. In Ohangwena is 5 808 gevalle waarvan net 2 767 plaaslike gevalle is met die res, van Angola. Oshana het 335 gevalle met agt sterftes terwyl Omusati 346 gevalle bevestig het met een sterfte. In Oshikoto is 1 080 gevalle en nege sterftes aangemeld met ‘n groot toename in Omuthiya en Tsumeb.