Hof se definisie van ‘vrou’ sal transvroue raakApril 17, 2025
Die Britse hooggeregshof het beslis dat die definisie van vrou biologies is en geslaggebaseerd is. Die beslissing verhoed transvroue om byvoorbeeld vroue se geriewe te gebruik of, selfs as daar geslagsverandering aangebring is, om byvoorbeeld aan vrouesport deel te neem. Die aansoek is gebring deur For Women Scotland. Maar, daar is kommer oor verdere druk wat transvroue in verband met toegang tot dienste sal ervaar. Maggie Chapman van die Skotse Groenparty het haar mening so aan Britse media verwoord.