Trump stel nuwe ambassadeur aan vir NamibiëApril 16, 2025

Amerikaanse president Donald Trump het John Giordiano as die nuwe ambassadeur vir Namibië aangekondig. Hy was op 5 Maart aangestel as die VSA se prokureur vir die distrik van New Jersey. Die voormalige ambassadeur Randy Berry het op 1 Januarie na 30 jaar in die diens van die Amerikaanse regering, uitgetree om persoonlike redes. Hy was vir net minder as twee jaar in die amp. Giordiano is ‘n sterk Republikein en ‘n ondersteuner van kuns en natuurbewaring.