NHE moet ook bou vir middelinkomste verdienersApril 16, 2025
Die ministerie van stedelike ontwikkeling is ingestel op die hersiening van geskiktheidskriteria vir die Nasionale Behuisingsonderneming en wil die diens van grond aansienlik uitbrei vir bekostigbare behuising. Dit is die beleid van die nuwe lynminister James Sankwasa. Hy sê die onderneming moet sy aansoekprosesse aanpas om middelinkomste verdieners te akkommodeer en daardeur, behuisingstoegang vir ‘n breër inkomstegroep te verbeter. Hy eis ook meer inklusiewe besteding vir behuising ontwikkeling.