Bouplanne vir hoofstad vertoon goed April 16, 2025
Stad Windhoek het in Maart 196 bouplanne goedgekeur, met ‘n totale waarde van 358,9 miljoen Namibiese dollar. Dit verteenwoordig ‘n toename van 38 persent in goedkeurings op ‘n maandgrondslag en 168,2 persent in die waarde. IJG Securities sê in sy ontleding dat in vergelyking met Maart 2024 het goedkeurings met 6,5 persent gestyg, terwyl die waarde toegeneem het met 22 persent. Maar die firma sê dat jaar-tot-datum onderpresteer die toevoegings tot eiendomme en residensiële kategorieë. Voltooiings vir Maart was gedemp. Slegs 23 planne is voltooi, gewaardeer op 22,4 miljoen dollar. Dit weerspieël ‘n 23.3 persent afname op ‘n jaargrondslag in die aantal voltooiings en ‘n beduidende 59.7 persent jaarlikse daling in waarde.