Bestuurskenner reageer op ‘inmenging’ by MeatcoApril 16, 2025
Reaksie word ontvang op opdragte deur die landbouminister Mac Hengari en president Netumbo Nand-Ndaitwah dat Meatco sy werwingsproses vir ‘n nuwe uitvoerende hoof moet staak en die voormalige uitvoerende hoof, Mwilima Mushokabanji, weer aan te stel. Mushokabanji se kontrak het aan die einde van Januarie verstryk en Meatco se raad het besluit om dit nie te hernu nie. Sy vyfjaar termyn by Meatco het geen vebetering aan die maatskappy gebring nie en oud-landbouminister Calle Schlettwein het ook daaroor gewaarsku. Kosmos 94.1 Nuus het met die bestuurskenner dr. Marius Kudumo gepraat.
Kudumo sê die wet is daar om misbruik van mag uit te skakel, dus is die kabinetsbesluit nie na wense nie.