Unam sê oor kadawers vir mediese skoolApril 15, 2025

Die mediese skool van die Universiteit van Namibië, Unam, het ‘n tekort aan kadawers. Tans beskik die skool oor net vier – een wat in Namibië geskenk is en drie uit Suid-Afrika, wat oor ‘n jaar ‘n teruggestuur moet word. Die mediese skool het minstens tien kadawers nodig vir die opleiding van toenemende studente. Kosmos 94.1 Nuus het met dr. Anneli Poolman, ‘n seniordosent in anatomie by Unam, oor die tekort gepraat, en oor die uitdagings om kadawers uit Suid-Afrika te kry: