Brittanje bewillig £120m meer aan Soedan April 15, 2025
Brittanje sê hy sal 120 miljoen pond, oftewel, 3 miljard Namibiese dollar, meer in hulp verskaf aan mense in Soedan, wat volgens hom die ergste humanitêre krisis op rekord in die gesig staar. Die land bied ‘n konferensie aan ter herdenking van twee-jaar van die konflik. Die oorlog in Soedan het in April 2023 uitgebreek, aangevuur deur ‘n magstryd tussen die weermag en Soedan se Rapis Support Forces. Die konflik het sedertdien miljoene verplaas en streke soos Darfoer verwoes, waar die RSF nou veg om sy vesting te behou in Khartoem.