Alcaraz wen in Monte CarloApril 14, 2025

Die viermalige Grand Slam-kampioen, Carlos Alcaraz, is weer die wêreld-nommer-twee nadat hy die Monte-Carlo-meesterstitel ingepalm het. Die Spanjaard het die Italianer Lorenzo Musetti in drie stelle verslaan om sy sesde ATP-meesters-een-duisend-titel te verower. Jannik Sinner van Italië is steeds boaan die ATP-ranglys terwyl Alexander Zverev van Duitsland na die derde plek teruggesak het. Alex de Minaur van Australië skuif drie plekke op na sewende, terwyl Andrey Rublev van Rusland agtste is, gevolg deur sy landgenoot, Daniil Medvedev, wat terug is onder die top-tien.