Rusland steek voelers uit na uraanApril 14, 2025

Die regering het met Rusland gepraat oor moontlike samewerking in plaaslike verwerking van Namibië se uraan. Dit is in lyn met sy pogings om plaaslike verwerking van minerale hulpbronne te verseker en meer inkomste daaruit te kry. Namibië is verantwoordelik vir ongeveer 10 persent van die wêreldwye uraanproduksie, terwyl Rusland ongeveer 40 persent van die wêreld se verrykingskapasiteit beheer. Russiese adjunk-premier Yuri Trutnev het in April met president Netumbo Nandi-Ndaitwah in Windhoek vergader, en volgens berigte is die moontlikheid van ‘n kernkragstasie ook bespreek. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die plaaslike energiekenner Harald Schütt, wat kommentaar lewer.