Pole se Sikorski sê Putin maak bespotting van Trump se welwillendheidApril 14, 2025

Die Poolse minister van buitelandse sake, Radoslaw Sikorski, sê hy hoop die Amerikaanse president Donald Trump en sy administrasie sal sien dat Vladimir Putin ‘n bespotting van hulle welwillendheid maak ná Moskou se dodelike missielaanval op die Oekraïnse stad Sumy. Sikorski sê die Oekraïne het meer as ‘n maand gelede onvoorwaardelik tot ‘n wapenstilstand ingestem en die gruwelike aanvalle is Rusland se spottende antwoord. Hy sê hy hoop president Trump en die Amerikaanse administrasie die regte besluite neem.