Ligter VK-visumvereistes goeie nuus vir Namibiërs April 14, 2025

Tydens ‘n besoek aan president Netumbo Nandi-Ndaitwah, het Charles Moore, die Britse hoë kommissaris, aangekondig dat Brittanje visumvereistes vir Namibiërs wil verlig. Moore se termyn in Namibië het tot ‘n einde gekom, en hy vertrek op 17 April terug na die Verenigde Koninkryk. Kosmos 94.1 Nuus het met Gitta Paetzold, die uitvoerende hoof van die Gasvryheidsvereniging van Namibië, gesels.