Drie gevalle van veediefstal oor die naweekApril 14, 2025
Die polisie het drie gevalle van veediefstal oor die naweek aangemeld. Op Otjiwarongo is twee kapana-handelaars in besit van 46 kilogram beesvleis waarvoor hulle geen aankoop- of permitbewyse kon verskaf nie. Die ondersoek duur voort. Naby Otavi op Elandpos is ‘n 39-jarige plaaswerker betrap waar hy ‘n koei, met die waarde van 10 000 Namibiese dollar geslag het. Hy het eers gevlug maar is gevind. Hy sal vandag in die hof verskyn. By Emanya Lodge naby Oshivelo is vier verdagtes op CCTV gesien waar hulle beeste slag maar die polisie kon net die vleis terugvind met die vier wat gevlug het. Die ondersoek duur voort.