Twee sleuters sterf in brandApril 13, 2025

Twee kleuters, beide jonger as vyf jaar, is Saterdagaand in die One Nation-informele nedersetting in Windhoek dood toe ‘n plakkershuis afgebrand het. Die oorsaak van die brand is onbekend, berig die nasionale uitsaaier. Die polisie en die brandweer het ‘n beroep op die publiek gedoen vir enige inligting van hulle met die ondersoek kan help.