Rugby: Springbok-vrouespan gee Engelse pakApril 13, 2025

Die Springbok-vrouerugbyspan het Saterdag in Marcoussis, Frankryk, ‘n bloedjong Engelse span met 50-17 in ‘n oefenwedstryd pak gegee. Die Suid-Afrikaners, tans op toer in Frankryk en Spanje, was met rustyd 24-10 voor. Die Bokke het agt keer gaan druk.